top of page

Gesinsdinamiek


Die gesin is baie dinamies. Dit verander soos die gesinslede deur verskillende lewenstydperke gaan. Lewe sal anders lyk met volwasse kinders as wat dit met babas sal lyk. Ouers sal baie meer uitgaan met volwasse kinders as met ‘n pasgebore baba. Die volwasse kind kan homself voer, hoef nie so gereeld te gaan slaap nie, dra nie doeke wat verander moet word. Die volwasse kind hoef ook nie soveel aandag te kry as wat die baba benodig nie. Oor die algemeen, die gesin se leefstyl verander gedurig.

 

Die tyd wat saam met die kinders gespandeer word verander ook, soos die kinders groter raak. Die volwasse kind wat alklaar onafhanklik en wyser is benodig minder aandag as die kind wat nog lewensleiding benodig.

 

Finansies se prioriteit verander. ‘n Pasgebore baba is duur. Hulle kort ‘n nuwe doek ten minste 6 keer per dag, hulle kort nuwe klere soos hulle groei (wat amper elke tweede dag is, so is hulle spoed van groei). Mammas wat nie borsmelk kan produseer nie, moet formulemelk aankoop vir hul babas. Die lys is oneindig. Maar ‘n kind wat ‘n universiteitstudent is, is ook nie goedkoop nie. Universiteitsgelde is baie duur (al wil die studente niks betaal nie...). Die student benodig baiekeer ‘n woonstel naby aan kampus (met meubels-, elektrisieteits- en inkopieskostes wat natuurlik klaar betaal moet wees, en wat styg a.g.v. inflasiekoerste) of ‘n kar (wat petrol benodig, versekeringskostes en dienstes wat partykeer nie meer op die motoriese plan is nie...). En net waar jy, as ‘n ouer, dink alles is afbetaal, kom daar nog ‘n kind met hierdie verwagtinge!

 

Ouers se huwelik verander ook. Dalk is jou huwelik een van die gelukkiges (en enigstes) wat glad nie probleme ervaar nie. Maar in elke huwelik is daar moeiliker tye en makliker tye. Sodra al die kinders uit die huis uit is, kry julle dalk meer tyd om aan die huwelik te werk. Of dalk ervaar een van die ouers ‘leë nes sindroom’.

 

Die huissituasie verander gedurig. ‘n Pasgetroude paar benodig dalk net 1 slaapkamer, of 2 as een van hulle as ‘n kantoor of spaarkamer dien. Dan kom ‘n paar kinders en ‘n hond in die prentjie in. Nou benodig die gesin ‘n groter huis met meer kamers. Maar sodra al die kinders op hul eie bly, is dit weer na die begin met net die ouers in die huis. Maar dalk het hulle ekstra slaapkamers vir wanneer die kleinkinders kom kuier of as een van hul ouers te oud is om op hul eie te bly. Die huissituasie word ook beïnvloed deur die nabyheid aan skole.

 

Ouers se werklewens speel ook ‘n groot rol. Soos ‘n ouer ‘n nuwe werk kry, of dalk ‘n werk verloor, beïnvloed dit die gesin. Dalk verdien die een ouer nou minder geld. Dit belemmer die gesin se finansies. Of dalk is die een ouer se werk nou baie vêr van die huis af.

 

As die ouers baklei en/of dan skei belemmer dit die gesin se verhouding onsettend baie.

 

RECENT POST
JOIN MY MAILING LIST
bottom of page