top of page

Funksies van die gesin


Opvoedings- en Sosialiseringsfunksie.

Die plekke waar die ouers die kind aan bekendstel speel verskillende rolle. Die skool: intellektuele vaardighede en sosiale gedrag. Die kerk: geloofsake en godsdienstige waardes. Die jeuggroep: ontspanning en sport. Al speel hierdie eksterne faktore ‘n groot rol in die kind se ontwikkeling, bly die gesin die kind se primêre opvoedingsituasie. Die kind sien steeds sy gesin as sy rolmodelle vir sosiaal aanvaarbare gedragspatrone.

 

Beskermings- en Versorgingsfunksie.

Die ouers sorg vir gesondheid, voedsel, kleding, rus en skuiling. Die vrou word tradisioneel as die versorger gesien, en die man as die beskermer. As die kind nie veilig voel nie, gaan hy nie vertroue in sy verhoudinge by die huis sit nie. Hy sal nie met sy ouers kommunikeer nie omdat hy voel hulle gaan nie hom ernstig opneem nie. So as hy by die skool gebullie word, gaan hy vir sy ouers daarvan vertel nie.

 

Ekonomies-Produktiewe funksie.

Die ouers word as die broodwinners van die gesin gesien. So as die geldsake sleg lyk, gaan dit die kind beïnvloed en hy gaan begin bekommerd daaroor raak.

 

Singewingsfunksie.

Die kind moet sy eie sin, betekenis en doel van sy lewe ontdek. M.a.w. hy moet sy plek in die gesin vind. Hy moet voel hy is aanvaar om dan sy plek in die wêreld te vind.

 

RECENT POST
JOIN MY MAILING LIST
bottom of page